4 Jun Welkom tot my Blog (Weblog)
Ek begin nou met die toer soos hier aangedui.
Ek beplan om deur die volgende lande te gaan. (Dis as my motorfiets hou.)
Mosambiek, Tanzanie, Kenya, Ethiopie (tot op Eritrea grens in Noorde), Kenya, Uganda, Rwanda, Burundi, Tanzanie, Zambie & Zimbabwe.
My idee met hierdie Blog is om julle ´n idee te gee van my wedervaringe. Ek gaan dit probeer doen deur in storie vorm te skryf en fotos aan te heg. Ek is wel nie ´n skrywer of ´n fotograaf nie, so positiewe kritiek sal waardeer word.
Saterdag 4 Junie 2006. Ek is gereed om te vertrek.
Ek verwag dat ek gaan val, daarom het ek en my Pa crashbars gebou om die motorfiets en my bene te beskerm. (Ek hoop ek gebruik dit nie.) Ek is opgewonde, maar weet ook nie regtig wat om te verwag nie.
Ek beplan om so 3000km met die ekstra bande te ry. Dis net om my 'n groter reikafstand te gee. Die beplande roete is 22000km en dis bietjie rof vir een stel bande.
Sunday, June 04, 2006
Welkom tot my Blog (Weblog)
Posted by Danie Olivier at 6/04/2006 05:46:00 pm
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment