Tuesday, July 04, 2006

The Great Rift Valley

Hierdie 'Rift Valley' is 'n massiewe geologiese kenmerk van Oos-Afrika. Dis amper 6500km lank en strek van die Dooie See in die noorde deur Oos-Afrika tot by Beira in Mosambiek in die suide. Dit is meer as 30 miljoen jaar gelede gevorm toe die landmassas van Afrika en Eurasie gebots en toe weer weggetrek het. Dit het gelei tot baie onstabiliteit in die aardkors wat vulkane en mere teweeggebring het. Wat die 'Rift Valley' so wonderlik maak is dat niks geleidelik gevorm het nie, dis 'n gebied van uiterstes. Jy kry van die diepste mere, hoogste vulkane en skerpste kranse in hierdie gebied.

Om maar 'n paar van hierdie uiterstes te noem waarvan ek bewus is:
Tanganyikameer is die tweede diepste meer in wêreld met 'n diepte van 1470m.
Kilimanjaro is die hoogste losstande berg ter wêreld met 'n hoogte van 5895m.
Mulanjeberg in Malawi het 'n krans met 'n regaf val van 1700m.

Oor die algemeen is die natuur net kokaai in hierdie gebied, maar dit sorg vir die asemrowendste landskappe.

No comments: