Daar word dikwels hierna verwys as die agtste wonder van die wereld. Die Ngorongoro Krater is 'n vulkaan wat 8 miljoen laar gelede ineengestort het. Dit het gelei tot 'n krater met 'n rand van 600m hoog en 20km in deursnee. Die binnekant van die krater is gelyk, dit skep dus een groot vlakte binne-in. Die krater het sy eie ekosisteem, met die kraterrand woudagtig en die vloer weer meer savannahveld. Die rand is so styl dat dit moeilik, alhoewel moontlik, vir die diere is om in en uit te beweeg. Vir hierdie rede is die krater die studieveld van verskeie navorsers gewees om die mate en gevolge van inteling tussen die diere te bepaal.
Die krater is iets uit 'n ander wêreld. As jy op die wal staan kan jy regoor die krater kyk en jy kan duisende diere, so groot soos miere, daarbinne sien.
Die buitekant van die kraterwal:
Uitsig vanaf die wal:
Uitsig oor 'n meer vanaf die wal:
Fotos vanuit die krater:
Sunday, July 02, 2006
2 Jul Ngorongoro Krater
Posted by Danie Olivier at 7/02/2006 02:15:00 pm
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment