10 Jun Caia - Mocuba:
Ek sit eers weer my nommerplaat terug wat afgebreek het in my mielieland episode. My petrol is op en hier is geen petrolpompe nie. Die enigste opsie is om bospetrol in te gooi. Dis die wat jy sommer so in 'n strooihuisie uit plastiekanne koop. Die entrepeneurs maak wel seker hulle werk 'n winsie ook in. Die petrol kos my R11.80/l. Die normale prys is ook stewig teen R7-8 per liter.
Teen hierdie pryse voel dit asof my motorfiets petrol drink soos 'n Amerikaanse V8.
By die ferry gekom is dit eers weer bietjie eg Afrika en ek moet 2 ure vir hom wag.
Soos Wilbur Smith sê: "AWA.... Africa wins again."
Met soveel tyd op my hande begin ek maar met die kamera speel. Ek stel hom op die driepoot en neem hierdie foto. (Tot groot vermaak van die 'locals'.)
Hier ontmoet ek 'n Kanadees genaamd Sylvian, hy is besig met ontmyning van die gebied. Hy sê dat landmyne nie net gerugte is nie, hulle het die afgelope week 10 landmyne gekry. Hulle doen net die gebiede waar nuwe paaie beplan word. Sy span kos US$5000/dag en hulle kan 'n strook van 0.2 - 7km per dag ontmyn afhangende van die gevaarzone. (Die 0.2km is wanneer hulle 'n mynveld tref en die hele gebied deursoek.)
Hier is my ferry en onderaan net nog 'n opgeblaasde brug.
Saturday, June 10, 2006
Posted by Danie Olivier at 6/10/2006 10:50:00 am
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment