Sunday, June 11, 2006

11 Jun Mocuba - Nacala:
By Mocuba ontmoet ek vir Hennie. Hy sit vir Vodacom torings op hier in Noord Mosambiek. Hennie waarsku my teen die slote op die pad na Nacala. Hy sê, daai demm Renamo het darem die paaie opgedonner, hulle het sommer sulke slote oor die pad gekap!
En dit is so, ek het self daardeur gery. Die pad is mooi dan ewe skielik is daar 'n sloot regoor die pad gekap!
(Ek het wel nagelaat om 'n foto te neem.)

Hennie sê ook, jis jy weet die niceste van SA toe gaan is as jy daar in Nelspruit stop, in Spar instap en daar is net boere meisies. Dan smaak dit my ek is in die Parad
ys, sê hy.

Die omgewing hier is vrek mooi. Hier is sulke losstaande koppies wat basies een groot klip is wat die hoogtes inskiet uit omliggende vlaktes.

Die pad na Nacala is sleg. Daar is lang stukke waar hulle padbou, maar jy mag nie op die nuwe pad ry nie. Soos die km's loop begin die nuwe pad met my praat soos die slang met Eva. Hy sê, ag kyk, die locals loop daarop, jou bike is mos nie swaar nie, wie sal nou weet. Na so tydjie besluit ek om tog maar van die appel te eet. Die nuwe pad is so 1.5m hoër, toe ek op hom klim maak ek 'n "schoolboy mistake" en benader hom met 'n te skuins hoek... en val. Dan is mens so kwaad vir jouself dat jy so simpel fout kan maak.


Gelukkig het ek en my Pa crashbars gebou, hulle het nou die eerste skrapies gekry.

No comments: