Monday, June 05, 2006

5 Jun: SA tot Xai-Xai. (Mosambiek)
Ek het nie tyd versmaai op die eerste stuk nie en het dus nie veel om te vertel nie. Die pad tot op Xai-Xai is verskriklik goed.
My eerste aand in Mosambiek was by ´n kampplek in Xai-Xai. Ek het my tent opgeslaan en sit en kyk hoe twee kindertjies tolspeel in die stofpad. Hulle hou die tol aan die gang deur dit met 'n sweep te slaan.
Die see raas, ek kan nie aan die slaap raak nie. Waar is die verkeer en polisie sirenes om my aan die slaap te sus?
Xai-Xai Na Vilanculos:

Die paaie is oor die algemeen goed, maar die slegte stukke is BAIE sleg. Die slaggate is soos om 'n game te speel waar jy vir die objekte moet koes. Die hoogste vlak is nogal moeilik, dis slaggat+ smal pad + kar van voor. As jy die kar tref is dit "Game-Over". Hier is die hoofpad tussen Xai-Xai en Maxixe. Dis op die EN1 (Dis soos SA se N1)

Die bike ry put mens uit. Ek besef nou dat Backpack eintlik 'n baie gerieflike manier van toer is. Jy word oral heen ge-'schaffeaur'.






Hier is 'n diesel stasie langs die pad en ek kom op Vilanculos aan.



Die strand op Vilanculos. (Dit het nou vir 2 dae aaneen gereen.)

No comments: