11 Jun Bietjie agtergrond oor Mosambiek:
(Ek vind dit gepas om wel net so bietjie agtergrond te gee van die gebiede wat ek toer.)
Mosambiek was op 'n stadium geklassifiseer as een van die armste lande per capita in die wêreld. Die situasie is wel besig om te verander. Die ekonomie tel verseker op, jy sien orals mense bou en werskaf. Hier is regtig 'n 'vibrant' atmosfeer en dinge gebeur. (Mens moet ook oppas om lewensstandaard net monetêr te meet, aangesien mense in baie landelike gebiede 'n goeie bestaan kan voer sonder om enige monetêre inkomste te hê.)
Soos julle seker weet was Mosambiek 'n Portugese kolonie gewees. Vandaar dat Portugees die amptelike landstaal is. Moet wel nie die fout maak om te dink dat dit almal se eerste taal is nie. Die oorspronklike Bantu-tale word nogsteeds gepraat, meestal as eerstetaal. In die landelike gebiede kan jy selfs ondervind dat jy nie eers regkom met Portugees nie!
Na onafhanklikheid het Frelimo aan bewind gekom. Daar was 'n hele tyd van burgeroorlog in Mosambiek met Renamo as weerstandsgroep. Renamo het oor die algemeen 'n gorilla tipe oorlogstyl gevoer en infrastrukture soos paaie en brue vernietig.
Frelimo het 'n Marxistiese benadering gehad wat wel goed was vir 'n paar goed anders as die ekonomie. Hulle het bv. baie fokus geplaas op geslagsgelykheid. Ek kon die tekens hiervan duidelik optel. My gevoel was dat vrouens in Mosambiek heelwat erkenning verdien, teenstrydig met die histories Chauvanistiese Afrika kulture. In Suider-Afrika, veral landelike gebiede, is dit byvoorbeeld nie algemeen om vrouens te sien fietsry nie. In Mosambiek is dit 'n algemene prentjie. Ek het selfs 'n vrou gesien wat haar man 'n lift op die fiets gee.
Sunday, June 11, 2006
Posted by Danie Olivier at 6/11/2006 09:21:00 pm
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment