9 Jun Gorongosa:
Voor ek verder ry gaan soek ek tou, 'corde' in die mark. Terwyl ek daar staan en wag, hoor ek skielik dieselfde onaardse geluide van gisteraand. (Dit moet seker iets funny op die mikrofoon wees)
Dit is toe waar dit vandaan kom:
Na die tyd kry ek 'n local wat Engels praat. Hy sê dit is Black Magic, en die toordokter word genoem die 'Black Ninja'. Hulle het hom van Manica af laat kom na Gorongosa, want hier is 'n 'infection'. Die vrou is 'n voorbeeld van sy werke. Ek weet nie wat presies die 'infection' is nie. Hy sê net dat ek nie langer in Gorongosa moet vertoef nie, maar eerder moet ry. So gesê so gedaan...
Wat my gevang het was nie die mes deur die vrou se kop nie, maar haar oë, daai oë!!! (Mens kry nie die idee op die foto nie.) Dit was 'n mengsel tussen besetenheid en hulpeloosheid. Ek ry bewend weg en probeer die prentjie uit my kop kry, dit het 'n merk gemaak op my siel...
Ek besef net weer: "Die stryd is nie tussen vlees en bloed nie, maar tussen die bose geeste in die lug."
LW: Slaan asb ag daarop dat hierdie nie Mosambiek, of eers Gorongosa verteenwoordig nie.
Dis 'n geisoleerde geval; oor die algemeen is Mosambiek 'n 'great' land met 'great' mense!
Thursday, June 08, 2006
Posted by Danie Olivier at 6/08/2006 09:56:00 am
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment