9 Jun Gorongosa - Caia:
Ek het so 60km voor Caia sonder brandstof gaan staan en moes vir die eerste keer die petrol van my 'Jerry Can' ingooi.
By Caia ontmoet ek vir Joe Diedericks. Hy het nou 'n lodge hier begin. Caia is die dorpie by die ferry voor die Zambesi rivier. Hulle gaan nou 'n brug oor die Zambesi bou ter bedrae van USD60 miljoen. Joe hoop om room te skep met sy akkomodasie geriewe.
Joe sê, as jy op Caia is moet jy 2 goed sien. Dit is Mary Moffat se graf en die Sena brug. Hy verduidelik, om na Mary se graf te gaan ry jy so 50km Oos teen die Zambesi af. Dan kry jy 'n dorpie Chupanga, da draai jy links na die Sendingstsie. Die pad split so by 'n ou huis, dammit dit moes 'n mooi huis gewees het, sê hy. As jy regs hou ry jy op die kerkie af.
Die Livingstones het baie invloed hier gehad. So bietjie Noord van Caia kry jy die dorpie Quelimane, hier is David Livingstone in 1858 tot Konsul verklaar. (Quelimane was ook in die 19de eeu baie belangrik vir slawe- en ivoorhandel.)
Vir Sena ry jy weer so 70km Wes met die rivierpad teen die Zambesi op. Sena was op sy dag een van die belangrikste Portugese buiteposte op die Zambesi. Volgens die legende staan hy ook op dieselfde plek as die handelspos van Seyouna, reeds deur die Arabiere beskryf in die 12de eeu.
Dis ook by Sena waar die Donna Anna brug gebou is. Met 'n lengte van 3.66km was hy in 1935, toe hy gebou is, die langste brug in die wêreld!
No comments:
Post a Comment