11 Jun: Die omgewing is so mooi hier dat ek nie kans gekry het om te ry nie. Ek het 'n paar koppies geklim om beter fotos te neem. Teen sonsondergaan het die berge sulke 'fantasy' tipe kleure, dit voel of ek in 'Lord of the rings is'. Ek probeer 'n boom uitklim om 'n beter uitsig te kry, maar die stamme is te glad en ek gly heeltyd af.
Ek het te veel gedrentel deur my lyf fotograaf te hou, toe maak ek dit nie tot op Nacala nie en besluit om iewers oppad te slaap. Ek is in 'n afgeleë gebied en toe ek stop was dit nie 2 minute nie toe het ek 'n skare van so 100 mense om my. Dis nogal erg, dit raas soos Spreeus. So tussen die malligheid deur bied 'n man, genaamd Carlitso, aan dat ek by hom so entjie buite die dorpie kan gaan slaap. Toe ek die bike aansit, hardloop die kinders weg, sommige begin huil, hulle is nie so iets gewoond nie.
By Carlitso is dit rustig. As 'n 'local' gesin jou in hulle huis inneem loop dit oor van die gasvryheid. Jy is dan ook onder hulle beskerming, dis hoekom ek nie sommer net langs die pad slaap nie. My gasheer, bied selfs aan om buite te slaap sodat ek in sy kamer kan slaap. Ek wys dit wel van die hand en slaap eerder in my tent. Carlitso se vrou praat nie 'n woord Portugees nie, maar sy het 'n lekker pap en boontjie gereg aanmekaar geslaan. Na 'n dag se harde ry het ek ingeklim en lekker geëet.
Sunday, June 11, 2006
Posted by Danie Olivier at 6/11/2006 10:58:00 pm
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment